Monday, December 14, 2009

Sneeu in Leipzig!

Ons het eergister, Saterdag, Leipzig toe ontsnap! Dit was 'n baie lekker dag vol dinge..

Ons was 'n groep van 15 wat die trein Leipzig toe gevat het.

Vyf van ons klasmaats wat saam ontsnap het


Ons eerste stop was die Grassi museum waar ons gaan kyk het na 'n uitstalling van Japanese drukwerk wat tussen die 17de en die 19de eeu gemaak is. Dis 'n baie mooi uistalling wat wys hoeveel moeite dit tot onlangs gevat het om 'n dieselfde kleur beeld meer as een keer te maak.


Na die uitstalling is ons verras met sneeu! Dit het net liggies gesneeu, klein vlokkies, dit was baie mooi.
Teen hierdie tyd was ons al rasend honger en het toe almal lekker in 'n baie ou studenteklub onder die grond gaan eet. Die kos was baie lekker!



Leipzig se kersmark is, volgens Niel, ten minste 200 keer so groot soos Dessau s'n!


Brrr!



Daar word allerhande Duitse kersfees goeders verkoop.. hout speelgoed, musse, serpe, allerhande verskillende besems en borseltjies, lebkuchen, wafels met roomys, pannekoek, Hollandse poffertjies met botter en nutella..hmmm






Die woord "kitsch" is 'n Duitse woord



En baie soorte glühwein. Die preise is per beker en in euro, nie rand nie :)



Elke stalletjie het 'n ander beker. Net ingeval 'n mens met die beker wegloop is dit nodig om 'n €2 deposito (Pfand) te betaal!






Terwyl ons in die kersmark besig was om nutella pannekoek te eet, het dit skielik hard begin sneeu! Klein trossies sneeu flokkies :)



Orals Coca-Cola

Dis al vir nou. Lekker tan!

Mid-terms: Last Wednesday, 9 December

Hierdie blog is in Afrikaans sodat ek kan skinner :)

Laas Woensdag was ons 'mid-terms', in ander woorde, ons ontwerp krit halfpad deur die semester. Toe die klasse in Oktober begin het, het ons nie dadelik met die ontwerpprojekte begin nie, so tegnies is ons al twee derdes deur die semester, maar nou ja.

Ek en Niel werk saam met Qu Kun (Sue) in 'n groep, en die die ander 5 mense in die studio werk elkeen alleen. Dis 'n baie groot projek en ons is gevra om as 'n groot groep te werk, maar die ander wil nie. Ons was eers ontsteld want ons het gedink dat ons 'n baie groot projek saam sou kon doen, maar na Woensdag se krit is ons bly ons werk apart!

Ons is verras deur 'n eksterne eksaminator van die Berlage Instituut in Nederland af en hy het regtig baie goeie kommentaar gelewer, tot vir die wat nog dusver niks gedoen het nie. Dis moelik om te glo, maar vier van die mense in ons groep het powerpoints gewys van die geskiedenis van ons onderwerp en die ander een het twee baie vreemde gebou ontwerp wat glad niks inagneem nie.

Ons dosent was verbaasend ondersteunend teenoor die ander lot.. Van wat ons al gehoor het het hierdie spesifieke dosent al drie vorige semesters aangebied en niemand het al ooit 'n regte projek gehad nie. Mens kan dit blammeer op die feit dat hy baie praat oor niks en geen terugvoer gee nie.

So, ons het ons studio geskuif vir die groot dag, en dit het baie aandag getrek (ons was self verbaas oor die aandag)..


Die projekte daar ver is ons s'n..



Die goeders teen die muur agter is ons projek



Ons projek. Meeste hiervan is Niel s'n. Myne was meestal digitaal. Ek sal syne afneem en opsit..










En dis al!